Donderdag Dros Dapper Doppers
www.dddd.co.za

E-Pos Ons

Last updated: 28/09/2007

Gauteng 4x4 Roetes

Hierdie tabel is ons opinie en ervarings van elke roete.  Jou ervaring en opinie mag dalk heel anders wees as ons s'n en ons respekteer dit.
Prys is gebaseer op 'n dagbesoek van een voertuig en vier mense en was korrek toe ons die roete gery het.  "Route Rating" is die Driveout tydskrif se opinie van hoe moeilik die roete is met 1 die maklikste en 5 die moeilikste. Roete genot is ons opinie van hoeveel ons die roete geniet het met 1 die minste lekker en 5 die lekkerste.  Braai genot is ons gradering van die braai fasiliteite (5 = lekkerste tot 1 = minste lekker).  Die Kind genot punt is 'n aanduiding van die aktiwiteite beskikbaar om die kinders tevrede te hou (5 = lekkerste tot 1 = minste lekker).

Ons algehele komentaar gee 'n bietjie meer inligting oor hoekom ons die roete en fasiliteite geniet het of nie.

Roete Naam GPS Prys Route Rating Roete genot Braai genot Kind genot Kontak persoon Kontak nommer Algehele Kommentaar
Rhino Park S25 49.756 E28 31.076 R120 3 1/2 5 5 3 Anthonie 082 928 7702 Een van ons gunstelling roetes tot op datum. Dis 'n begeleide roete wat Saterdae, Sondae en vakansiedae om 10h00 en 14h00 vertrek. Die roete is baie pret met 'n kombinasie van maklike and minder maklike hindernisse. Die groot voordeel met die roete is dat daar altyd iemand byderhand is om advies te gee. Daar is 'n baie mooi lapa vir die braai na die roete. Daar is ook 'n modderpoel wat sorg vir groot sports na die braai. Daar is gras vir die kinders om rond te hardloop en speel.
De Wildt 4x4 route S25 40.580 E27 56.706 R 160 2 5 5 5 Chris 083 268 8185 Een van ons gunstelling roetes tot op datum. Die roete is aan die voet van die Magaliesberg met so bietjie wild om te sien. Die roete is nie te moeilik nie maar is interresant genoeg om jou besig te hou. Fasiliteite vir kinders is swembad, spring kasteel en klim muur. Daar is 'n mooi braai area met 'n kroeg maar jy moet liewer vroeg gaan om 'n goeie braaiplek te kry.
Groenkloof S25 47.360 E28 12.040   1 3 3 2   012 440 8316 Die roete deur die Fonteinedal word seker beter beskryf as 'n natuur roete as 'n 4x4 roete.  Die braai area in onder groot bome en derhalwe is daar nie gras om op te sit of speel nie. 
Hennops 4x4 S25 47.500 E27 58.800 R 150 2-4 5 4 4 George 082 566 5037 Hierdie roete is een van die moeilikste wat ons al gery het en ons het dit baie geniet.  Ons het gebraai in die apparte Hennops braai area (S25 47.883 E27 59.446) wat ingesluit is in die toegangsprys.  Die braai area het min gras want dis onder groot bome.  Kinders kan in die swembad speel en daar is ook 'n klimraam.
Welgedacht S25 29.855 E28 27.499   3-4   5 5 Vossie 072 783 6390 Ons het slegs die roete deur die boord gery wat ons nie geniet het nie. Die hoof roete begin met 'n klim teen 'n rotsagtige helling uit.  Ons het dit nie aangepak weens kommer oor grondvrye hoogte. Daar is ook 'n baan wat gebruik word vir opleiding wat pret was.  Die braai fasiliteite was uitstekkend en daar is ook 'n groot klimraam vir die kinders.
Rhino & Lion Park S25 58.218 E27 47.532 R 280 1 2 2/4 2   011 957 0106/9 Hierdie is meer 'n natuur roete as 4x4 roete. Die kinders sal hierdie een geniet want jy sien leeu, cheetah, renoster en klomp ander wild. Daar is ook geleentheid vir die kinders om met leeuwelpies te speel en 'n versameling reptiele te sien.  Daar is 'n restaurant en klein winkel. Die hoof braai area is baie mooi met 'n klomp grasdak braai plekkies. Daar is ook 'n 4x4 braai area wat mooi gelee is, maar daar het heelwat rommel rondgele en die toilet fasiliteite is baie vuil gewees.
Diggers Hole S25 38.848 E28 25.952   1-3 4 5 2 Cobus 082 371 8225 Ons het hierdie roete baie geniet met een of twee uitdagende hindernisse. Daar is nie wild op die roete nie. Die braai fasiliteite is fantasties met 'n lapa beskikbaar.