Donderdag Dros Dapper Doppers
www.dddd.co.za

E-Pos Ons

Last updated: 28/09/2007

Home
Agtergrond
Lede
Shooters
Wyshede
Fotos
Buitelewe
Dros Waterkloof
Cool Webwerwe
English Version

Braai Resepte

Die braai het heel moontlik met die Voortrekkers ontstaan en is nou 'n groot deel van die Suid Afrikaanse kultuur.  Die DDDD lede braai ook graag en deel so paar van ons gunstelling braai resepte hieronder.  Onthou om die "South African Braai (BBQ) Etiquet" bladsy na te slaan om die belangrike etiket van die Suid Afrikaanse braai te verstaan.

BRUNCH

bullet

Ontbyt Roer Moer

Bobaas skottel ontbyt gereg wat jou bure sal laat kwyl.

Skil 'n paar groot aartappels en sny in klein blokkies.  Verhit olyfolie op 'n skottel en voeg die aartappels by.  Braai aartappels tot hulle begin sag word en sny dan uie en wit sampioene by.  Braai nou die hele spul tot die aartappels mooi bruin gaar is.  Voeg sout by na smaak.
 

AANDETE

bullet

Biltong Braai Broodjies

Hierdie resep is die Suid Afrikaanse weergawe van die "toasted ham, cheese and tomato" broodjie.  Op 'n sny wit brood gooi jy biltong poeier (verkrygbaar by jou gunstelling slaghuis), 'n paar snye kaas en tamatie.  Gooi so bietjie peper oor (sout is nie nodig aangesien die biltong baie sout is) en sit nog 'n sny bo-op om 'n toebroodjie te maak.  Smeer nou die buite kante van die toebroodjie met botter sodat die brood nie te vinnig brand nie en plaas op 'n rooster oor matige kole.  Draai die broodjies totdat albei kante mooi gerooster is en sit dadelik voor.

Ander variasies is om uie by te voeg of om die biltong te los en net kaas, tamatie en uie met sout en peper te rooster wat ook baie lekker is.
 

bullet

Biltong Braai Sampioene

Groot bruin sampioene oor die kole met knoffel, biltong en kaas bedekking.

Koop groot bruin sampioene en verwyder die steel.  Meng botter en knoffel en plaas in die sampioene.  Strooi biltong poeier oor en bedek met kaas.  Maak gaar op 'n rooster oor matig tot koel kole.  Die botter moet smelt en die sampioen van binne af gaar maak voordat die buitekant van die sampioen brand.

NAGEREG

bullet

Rum en Rosyntjie tert

So paar ure voor die tert gemaak word, meng halwe koppie kook water met halwe koppie rum en een koppie rosyntjies.  Plaas in 'n toebak sodat die rosyntjies die rum kan in trek.

Meng een blikkie caramel met 250ml room en 'n halwe teelepel vanilla essence.  Voeg dan die rosyntjies by en klits alles saam.

Bedek 'n bak met tennis beskuitjies en gooi dan die mengsel oor die tennis beskuitjies.  Strooi gekapte neute oor en maak die bak toe met gladwrap.  Los in die yskas vir so uur totdat die mengsel gestol het.