|
Last updated: 28/09/2007 |
|
| Wat's Nuus? 7 September Ongelukkig kon Hendrik nie die kuier meemaak nie as gevolg van werksverpligtinge. 31 Augustus Ongelukkig kon net Hendrik en Jan dit maak vir gisteraand se kuier. 24 Augustus Ongelukkig kon Roberto nie gisteraand se kuier maak nie as gevolg van werksverpligtinge. Die res van ons het baie lekker gekuier toe 3 onverwagte gaste aangesluit het by ons tafel. Thinus, wat voorheen saam een van die stigterslede gewerk het, het heel toevallig by die tafel langs ons gesit met twee vriendinne, Annemarie en Christelle. Hulle sluit toe by ons aan en toe begin die sports. Ons het 'n paar shooters gedrink, nonsens gepraat oor 'n paar interessant onderwerpe en baie gelag. Almal het lekker gekuier saam die nuwe chomme en teen die einde van die aand is daar ook 'n drukkie of twee uitgeruil. Hopelik kuier ons binnekort weer saam ons nuwe chomme. 17 Augustus Gisteraand se kuier is uitgestel weens persoonlik en werksverpligtinge. 10 Augustus Twee van die lede is die langnaweek Lesotho toe saam met RSG. Hou die webwerf dop vir die fotos van die naweek. Die res van die lede het laag gele. 3 Augustus Gisteraand se kuier is uitgestel. Jan is in Londen, Wayne is in Bloemfontein, Roberto is besig met maand-einde en Hendrik het familie verpligtinge gehad. 27 Julie Die aktiewe stigterslede het gisteraand gekuier en Jan was op vorm gewees. Hy het 'n sledgehammer en jackhammer shooters kort na mekaar bestel. 20 Julie Jan kon ongelukkig die kuier nie meemaak nie. Hy was die naweek in PE vir die Volkswagen Rally wat hulle gewen het. Dis res van die lede het lekker gekuier. 13 Julie Baie geluk aan Roberto wat gister die sleutels gekry het vir sy nuwe woning. Ons hoop jy gaan nog baie gelukkige tye he in jou nuwe blyplek. Baie dankie aan die DDDD lede wat gehelp het om te verf en meubels te trek. 6 Julie Die oumanne het gisteraand gekuier. Roberto is siek en Wayne het gewerk. 29 Junie Baie geluk aan Krappie wat vandag verjaar. Ons hoop daar le nog baie gesonde en gelukkige jaar vir jou voor. Al die huidige lede was gisteraand by die Dros. Dit was goed om almal weer te sien en op te vang op al die nuus van die laaste paar weke. 22 Junie Jan en Wayne was albei uitstedig Donderdagaand. Wayne was in Mafikeng en Jan was op die Total Rally in Ermelo waar Serge ongelukkig tweede klaar gemaak het agter die VW. Ek is seker ons gaan volgende Donderdagaand gesels hieroor - arme Jan. Die res van die lede het lekker gekuier. 15 Junie Baie geluk aan Wayne wat gister verjaar het. Ons hoop daar le nog baie gelukkige en gesonde jare voor vir jou. Gisteraand se kuier is uitgestel. 8 Junie Baie geluk aan Andries was pa geword het. Ons hoop sy dogtertjie bring hom nog baie vreugde in die jare wat voorle. Ons het lekker gekuier by die Dros. 1 Junie Gisteraand was 'n eerste vir die DDDD vergadering. Wayne en Michelle het 'n eenheid gekoop in EcoPark en het Donderdag aand die sleutels gekry vir hulle nuwe blyplek. Baie geluk aan Wayne en Michelle. Die eienaar het onderneem om die plek uit te verf maar toe Wayne en Michelle die sleutels kry was die plek vuil gewees. Die DDDD lede het toe Donderdag vir Wayne gehelp om die gate en krake toe te maak sodat Wayne Vrydag kon verf. Ons het Donderdag aand toe bier gedrink en Wayne gehelp in hulle nuwe blyplek. Baie dankie aan al die DDDD lede wat Donderdagaand en Saterdag gehelp het. 25 Mei Ongelukkig was Jan in KZN vir die naweek se rally en Wayne en Roberto het ander planne gehad so die kuier was beperk tot die twee lede wat beskikbaar was. Ons het rustig gekuier en lekker gesels. 18 Mei Ons het gisteraand die 7de bestaansjaar van die DDDD's gevier by die Dros. Dit was 'n oop aand so die vrouens het saam gekuier en ons het die aand geniet. 14 Mei Wat 'n naweek. Baie geluk aan Wayne en Michelle wat Saterdag getrou het. Ons het almal baie lekker gekuier by die troue en dit baie geniet. Ons hoop julle geniet die wittebrood en dat daar nog baie gelukkige jare saam voorle. En toe wen die Sharks en die Bulle. Volgende naweek se Super 14 finaal is dus in Durban tussen die Sharks en die Bulle. 11 Mei Gisteraand se kuier is uitgestel. Gelukkig sien ons mekaar by Wayne en Michelle se troue Saterdag. Sterkte vir die Bulle en Sharks in die Super 14 hierdie naweek. 7 Mei Ons het Saterdagaand Wayne se bachelors gevier. Almal het baie lekker gekuier, gelag en nonsens gepraat. Almal het die aand baie geniet en ons sien uit na die troue hierdie naweek. 4 Mei Almal het die kamp naweek baie geniet en dit het die geselskap oorheers. Ons het ook 'n dop gedrink op Roberto wat 'n huis gekoop het in Johannesburg - baie geluk. Ongelukkig kon Wayne nie die kuier meemaak nie maar dit het ons die geleentheid gegee om die beplanning vir sy bachelors af te handel. 27 April Ons het gisteraand nie gekuier nie aangesein ons Vrydag gery het vir ons kamp naweek op Mooifontein. Ons het weer in die bos gaan kuier vir die langnaweek en almal het baie uitgesien daarna. 20 April Ongelukkig kon Jan nie gisteraand se kuier meemaak nie aangesien hy in Nelspruit is vir die Sasol Rally. Die res van die huidige lede het lekker gekuier en Hendrik se nuwe voertuig gevier. Baie geluk aan Hendrik wat 'n Citroen gekoop het. Ons hoop hy gaan nog baie sorgvrye kilometers ry met die voertuig. 13 April Baie geluk aan Hendrik wat gister verjaar het. Ons het gisteraand cocktails by Hendrik se huis gaan drink om sy verjaarsdag te vier. Ons het ook weer ou DDDD lede raakgeloop. Lou en Jacques was daar en ons lekker saam gekuier. Dankie aan Hendrik en Annemie vir hulle moeite met die cocktails en versnaperings. 6 April Ons het hierdie week eerder Woensdagaand gekuier as gevolg van die Paasnaweek. Almal het uitgesien na die langnaweek se rus en ons het lekker gekuier. 30 Maart Baie geluk aan Jan en die Toyota span wat die naweek die Toyota Dealer Rally gewen het. 23 Maart Jan was ongelukkig uitstedig op 'n rally en Terrence was in Margate met verlof so die kuier is uitgestel. 16 Maart Roberto het 'n nuwe werk aanvaar so ons het sy goeie nuus gevier. 9 Maart Ongelukkig is gisteraand se kuier uitgestel na volgende Donderdag. 5 Maart Wat 'n fantastiese naweek. Ons het Vrydag middag vir Wayne opgelaai en na Mbizi vertrek net buite Warmbad. Daar aangekom het ons gebraai en gekuier tot laat Saterdag oggend. Saterdag het ons 'n vyfster ontbyt gemaak, geswem, musiek geluister, nonsens gepraat en laat middag gebraai. Almal het hulself baie geniet en ons het ook 'n nuwe shooter ontdek wat heel lekker smaak. Dit is 'n variasie van 'n suitcase maar is 'n tot passionfruit cordial en 'n tot mampoer. Ons het dit 'n "coffin" gedoop. Dankie aan almal vir 'n wonderlike naweek. 2 Maart Gisteraand se kuier was kort en kragtig. Gelukkig was Wayne nie daar weens werksverpligtinge so ons kon die opwarmings bachelors reelings finaliseer. Die reelings is bespreek, 'n paar doppe gedrink en almal is huistoe om te gaan pak. Ons almal sien baie uit na die naweek. 22 Februarie Vir die derde week in 'n ry is die Isuzu sypadjie storie vertel want Jacques het gisteraand saam ons gekuier. Ons het Jacques baie lanklaas gesien en lekker stories uitgeruil. Daar het ook 'n nuwe wysheid bygekom wat ons baie laat lag het. Ons het ook 'n baster gemsbok shooter gedrink (die barman het nie lekker verstaan van 'n gemsbok nie toe kry ons 'n amarula and stroh rum shooter) wat Morne 'n Force benoem het. Dit was nie baie lekker nie. Die tugkomitee het ook gelas dat Roberto 'n brown bear strafdop (wat op 'n stadium strofdap genoem is) drink omdat hy belangrike persoonlike inligting weerhou het van die lede. 15 Februarie Ons was gisteraand heel verbaas toe Lou opdaag en 'n dop of twee saam ons gedrink het. Natuurlik het hy nog nie laas week se storie gehoor oor die Isuzu wat op die sypadjie vasgesit het nie en toe begin ons weer te lag. Wayne was gisteraand nie teenwoordig nie so ons het baie tyd spandeer aan die reelings vir sy opwarmings bachelors naweek en almal is baie opgewonde. 8 Februarie Gisteraand het Hendrik en Isuzu deurgeloop. Eerstens was daar 'n magdom Hilux bakkies en Fortuners in die parkeer terrein toe ons by die Dros aankom en toe vertel Hendrik ons hoe't hy vasgesit op 'n sypadjie in sy Isuzu. Natuurlik het hy ons probeer oortuig dat dit 'n voetpadjie was en dat dit baie anders is as 'n sypadjie maar ons skryf dit af aan sy sielkundige afhanklikheid. Ons het verskriklik baie en lekker gelag vir die storie. Ons het ook gehoor dat Jacques saam gaan vir Wayne se opwarmings bachelors naweek. Ons het hom lanklaas gesien so dit gaan goed wees om hom weer raak te kuier. Verder het ons lekker gekuier en klomp nonsens gepraat. 1 Februarie Die beplanning vir Wayne is bachelors verloop goed. Ons het al besluit op die plek en die naweek en het al die bespreking gedoen. Ons sien almal baie uit daarna, maar Wayne lyk so bietjie senuweeagtig. Ons het gisteraand ook Pirate's Sunset gedrink, maar dit wil voorkom asof 'n paar van die manne nie so baie daarvan hou nie. Vrydag was 'n lang dag vir so een of twee lede. 25 Januarie Die barman het bietjie gesukkel met die kudu shooter wat ons bestel het, en ons het een of ander mengelmoes gedrink wat Andries ‘n Dros F@#&p gedoop het. Dit was nie lekker nie. Toe begin ons kreatief raak en het ‘n Jamaican Sunset gedrink wat ‘n Captain Morgan en Stroh rum shooter was. Van ons het hom geniet maar die meerderheid het gekla soos ‘n klomp ou tannies in die ouetehuis. 19 Januarie Baie geluk aan Ilze wat die week verjaar het. Sy is nou drie jaar oud. Die meeste van die lede het 'n draai gemaak by die Dros en 'n dop saam ons kom drink. 12 Januarie Jan was gisteraand bietjie siekerig en Wayne was ook nie teenwoordig as gevolg van siekte. Die res van ons het lekker gekuier. Ons het ook nou 'n databasis bygevoeg op die webwerf met die paklyste was ons gebruik as ons bos toe gaan. Ons glo die paklyste is redelik volledig, maar stuur vir ons 'n e-pos as ons iets vergeet het. 5 Januarie Ons het gisteraand die nuwe DDDD jaar ingesien by die Dros. Ongelukkig was 'n paar lede nie teenwoordig nie, maar die wat daar was het lekker gekuier. Ons het 'n nuwe webwerf op ons Webwerwe bladsy bygevoeg wat baie Afrikaanse inhoud het. Besoek gerus BCnet en kyk na die interresante inhoud. 22 Desember Ons het gisteraand by Burgandy's in Centurion gekuier en 'n paar cocktails gedrink. Ons het ook die eienaar ontmoet en hom 'n paar nuwe shooters geleer. Die lede en gesinne van die DDDD's wens almal 'n geseende Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toe. 15 Desember Jan is uiteindelik terug van Europa af en het ons vermaak met al sy stories. Ons het om ook meegedeel dat die eerste 4x4 herwinning uitvoer is terwyl hy oorsee was. 7 Desember Venter was gisteraand nie aan diens nie en het 'n paar doppe saam ons gedrink. Dankie aan Venter vir die shooters wat hy vir ons gekoop het, ons het dit baie geniet. Venter het nie so baie van die Tennessee Sunset gehou wat ons vir hom gekoop het nie. 4 Desember Ons was bietjie stadig om die laaste paar fotos op die webwerf te sit, maar hier is hulle nou. Ons het 22 Oktober die De Wildt 4x4 roete gaan ry. Ons het 12 November 'n Dros ontbyt geniet. Ons DDDD jaareindfunksie was 'n groot sukses. Ons het 26 November die Welgedacht 4x4 roete aangepak en ons eerste herwinning gedoen. 30 November Ons het baie lekker gekuier en so paar shooters gedrink deur die loop van die aand. Ons het 'n African Sunrise gedrink (wat nie gereeld gebeur nie) op Elsabe wat deur 'n moeilike tyd gaan en ons glo die Afrika son sal weer helder op kom in haar lewe en die donker wolke verdryf. Roberto het om een of ander onverklaarbare rede 'n Brown Bear bestel maar gebaseer op sy uitdrukking gaan dit nie weer gebeur nie. 23 November Baie geluk aan Venter wat bevordering gekry het tot Dros Area Bestuurder. Ons het 'n dop saam met hom gedrink om die bevordering te vier en is baie bly vir hom. Ons is ook 'n bietjie hartseer want ons gaan nou minder van hom sien. Alles van die beste in sy nuwe rol en ons hoop hy onthou die DDDD lede. 16 November Ons het gisteraand verneem dat Venter en Marguerite verloof geraak het. Ons het 'n dop saam Venter gedrink om dit te vier en wens hulle baie geluk toe van al die DDDD lede. Ons het ook verneem dat die Dros Waterkloof drie van die jaarlikse Dros Franchise pryse gewen het. Baie geluk aan die bestuur en die res van die Dros Waterkloof span. Julle verdien die pryse vir julle harde werk. Verder sien almal uit na die DDDD jaareindfunksie vanaand by Pachas. 9 November Gisteraand se kuier is uitgestel na 'n Sondag ontbyt by die Dros weens siekte en persoonlike verpligtinge. 2 November Hendrik het vir ons plek bespreek by Pachas vir 18 November vir die DDDD jaareind funksie. Ons het gisteraand 'n nuwe shooter ontwerp toe die Dros se Stroh rum klaar raak. Ons wou 'n kudu drink maar het toe die Stroh rum vervang met Jack Daniels en dit 'n gemsbok gedoop. Dis heel lekker so probeer dit gerus. 27 Oktober Meeste van die DDDD lede het 'n moeilikke week gehad met werksdruk wat sy tol eis. Gelukkig het ons beter gevoel toe ons huistoe gaan. Dankie aan Hendrik wat aangebied om ons jaareind funksie te reel. 20 Oktober Baie geluk aan Andries en Fallon wat verloof geraak het. Baie sterkte met die troureelings en alles van die beste vir die toekoms. Sterkte vir Jan en Toyota met hulle laaste rally van die jaar. Van volgende week af is Jan weer elke Donderdag teenwoordig en nog betyds ook. 'n Ou DDDD lid het gisteraand ook 'n draai gemaak en 'n dop of twee saam ons kom drink. Dit was goed om Lou weer te sien. 13 Oktober Ons het gisteraand een van ons ou DDDD vriende raakgeloop by die Dros. Elmar was 'n paar jaar gelede 'n waiter en later 'n manager by die Dros. Dit was goed om hom weer te sien na al die jare en baie dankie vir die rondte shooters. 6 Oktober Meeste van die lede was gisteraand laat vir die vergadering so ons het in skofte gekuier. Wayne was betyds vir die kuier en het dus geloop voordat Hendrik heelwat later daar aangekom het. Ons het lekker gesels en die kuier baie geniet. 29 September Ons het almal 'n shooter gedrink op Roberto se nuwe kar. Hy het in die week besit geneem van sy nuwe silwer GTi en het heel aand baie breed geglimlag terwyl ons almal baie jaloers was. Baie geluk aan Roberto en ons almal hoop hy gaan nog baie gelukkig km ry in sy motor. 22 September Drie van die lede gaan die naweek kamp op 'n wildsplaas naby Nylstroom in 'n Conqeror Conquest sleepwa. Die finale reelings is bespreek en almal is baie opgewonde oor die avontuur. Hier is die fotos. 18 September Van die lede was gister by die Diggers Hole 4x4 baan vir 'n bietjie pret en 'n braai. Hier is die fotos. 15 September Wayne en Michelle het nou 'n datum vir hulle troue volgende jaar wat op 12 Mei sal plaasvind. Die lede het gisteraand begin met die beplanning vir Wayne se bachelors naweek terwyl Wayne meer en meer bekommerd gelyk het soos wat die aand aangestap het. 8 September Ons innige meegevoel vir Roberto en sy familie met die verlies van 'n geliefde. Vier van die lede het gisteraand gekuier. 3 September Die naweek se bosberaad by Mbizi was 'n reuse sukses. Ons het baie lekker gekuier, gebraai, rugby gekyk en musiek geluister. Om ons naweek nog beter te maak het die Springbokke gewen teen die All Blacks. Ongelukkig kon Wayne en Roberto nie die naweek saam gaan nie, maar Jan, Hendrik, Jacques, Lou en Terrence het die naweek baie geniet. Dankie aan Jan wat al die reelings getref het en aan al die DDDD lede wat die naweek 'n sukses gemaak het. Hier is die fotos. 1 September Gisteraand is die finale reelings getref vir die bosberaad naweek by Mbizi. Almal sien baie uit na die naweek se kuier. Dankie aan Andries wat vir ons 'n shooter gekoop het. 25 Augustus Jacques was hierdie week in die stad en het gisteraand weer saam ons gekuier na 'n lang afwesigheid. Roberto het ook vir die eerste keer saam ons gekueir gisteraand en ons wil hom welkom heet by die DDDD. Wayne het die naweek verloof geraak so ons het gisteraand die verlowing gevier en lekker saam ou en nuwe maats gekuier. 20 Augustus Ons het vandag die Hennops 4x4 roete (S25 47.500 E27 58.800) gaan ry en dit deeglik geniet. Hendrik het in sy Isuzu gery en Terrence in sy Hilux. Die hindernisse is baie meer opwindend as die by Groenkloof wat ons laas naweek gery het. Ons het na die tyd gebraai onder die bome en almal het lekker gekuier en die dag geniet. Die fotos vertel die res van die verhaal. Baie dankie aan Jan wat al die fotos geneem het vir die web blad. 18 Augustus Ongelukkig moes Venter en Nadine gisteraand straf doppe drink op bevel van Freddy oor hulle onaanvaarbare optrede. Venter het ingestem om 'n tequila saam ons te drink wat Nadine toe gaan haal het. Voor ons die shooter saam Venter kon drink is hy gou kantoor toe en ons kom toe agter dis inderdaad nie tequila nie maar water. Ons het die saak opgeneem met Freddy en aangesien die klient altyd reg is, is Venter en Nadine gestraf met 'n regte tequila. Dankie vir die lekker kuier. 11 Augustus Ongelukkig is gisteraand se kuier uitgestel want Jan was in Bloemfontein op 'n rally en Hendrik het sy pa se verjaarsdag met sy familie gedeel. Ons het wel planne gemaak om Sondag die Groenkloof 4x4 roete te gaan ry so hou die webblad dop vir die fotos. 6 Augustus Hendrik, Wayne, Terrence, Riana en Ilze het die dag by die Rhino en Lion Park (S25 58.414 E27 47.575) spandeer naby Krugersdorp. Dit was omtrent 'n avontuur om daar uit te kom. Ons is in Centurion weg en het die GPS gestel om die kortste roete te volg. Ons het omtrent 50% van die tyd op grondpaaie gery, van hulle net 'n twee spoor paaitjie, en het ook 'n rivier oorgesteek. Die park was ook groot pret met baie wild om te kyk en ons het ook gebraai. Dankie aan almal vir die lekker dag. 4 Augustus Die drie huidige stigterslede en Wayne het gekuier. Dankie aan Venter vir die shooters. 28 Julie Welkom aan Jorncy wat gisteraand vir die eerste keer saam ons gekuier het. Dankie aan Venter vir die sledgehammer wat ons gisteraand op die huis gedrink het. Ongelukkig het Jan verkoue en het hy nie so lekker gevoel nie, so ons hoop hy voel vandag sommer baie beter. 21 Julie Gisteraand het die drie aktiewe stigtingslede saam Lou gekuier. Lou het ons beindruk met sy kennis van GPS, kaarte en navigasie oor die algemeen. Ons het ook verder gesels oor 4x4 en 'n shooter of twee gedrink. Jan gaan ons bosberaad begin reel vir 'n naweek in September. 16 Julie Na gisteraand se braai by Jan se huis het Jan en Hendrik 'n dop gaan drink by die Dros. Dros Waterkloof en Cresta het die prys gewen vir beste Dros van die jaar. Baie geluk aan die eienaars, bestuurders en staf van Dros Waterkloof wat dit 'n uitstekende kuier plek maak. Dankie ook aan Venter vir die laaste loop dop. 14 Julie Lou het gisteraand weer saam ons gekuier na 'n lang afwesigheid - dit was goed om hom weer te sien. Ongelukkig was Jacques te siek gewees om saam ons te kuier en hopelik voel hy nou bietjie beter. Baie geluk aan die Spencer's wat uiteindelik hulle Hilux bakkie gekry het. Ons hoop julle gaan nog baie gelukkige padaf kilo's ry met die voertuig. 7 Julie Gisteraand se kuier is uitgestel weens werksverpligtinge. 30 Junie Baie geluk aan Riana wat gister verjaar het. Ons hoop en glo daar gaan nog baie gelukkige jare voorentoe wees. Gisteraand se kuier is uitgestel weens ander verpligtinge. 23 Junie Baie dankie aan Jan wat gisteraand vir ons die GPS koordinate vir Dros Waterkloof gegee het. Die Dros Waterkloof bladsy is opdateer met die koordinate. Ons het verder gesels oor Jan se bakkie, Garmin GPS en ander belangrike sake. 16 Junie Die DDDD lede het baie lekker gekuier. Dankie aan Venter vir die rondte wat almal se ligte afgesit het. Gelukkig was Vrydag ‘n publieke vakansiedag gewees. Ons wil graag vir Jaques geluk wens met sy verjaarsdag wat die 11de Junie was en Wayne wat 14 Junie verjaar het. Ons hoop dat julle ‘n heerlike dag gehad het, mag daar nog baie wees. Jacques is nou ‘n baie getroue DDDD lid en dit is vir ons kommerwekkend dat hy na Nelspruit wil verhuis. Die DDDD lede het heerlik saam met Carien gekuier vir haar verjaarsdag die 17 de Junie. Baie geluk aan jou en dankie vir al die kere wat jy na ons omgesien het by DDDD vergaderings. Dit is ook dan hier wat ons vir Andries (nog ene) of AJ soos sy vriende hom noem ontmoet het. AJ is verantwoordelik vir die kombuis by die Dros en sorg dus vir die kliente wat nie net daar is vir die drink nie. Die DDDD lede wil hom bedank vir die rondte Suite Cases en J&B wat hy Saterdagaand vir ons gekoop het. 9 Junie Dankie aan 'n nuwe waitress Fallon vir die goeie diens en aan Andries vir die geheime inligting wat Hendrik en Jan al lank oor wonder. Ons innige meegevoel vir die Grobbelaar familie met die verlies van 'n geliefde. 2 Junie Ongelukkig het ons gisteraand se kuier afgestel as gevolg van persoonlike- en werksverpligtinge. 26 Mei Baie geluk aan een van ons stigterslede, Theunis, wat vandag verjaar. Ons hoop almal jou dag gaan mooi wees en dat die jaar voorentoe baie braai's en J&B insluit. Lekker verjaar ou maat. Jan kon ongelukkig nie gisteraand se kuier mee maak nie aangesien hy in KZN is vir Rally SA. Sterkte aan die Toyota span. Die res van die huidige lede het lekker gekuier gisteraand. 19 Mei Ons het gisteraand die sesde bestaansjaar van die DDDD gevier by die Dros. Ons het vier nuwe shooters probeer gisteraand: Buttery Nipple (Andries se ontwerp), Pirate's Sunset, Purple Rain (Clarke se ontwerp) en Jegga Bomb. Hulle is bygevoeg op die shooter's databasis so probeer gerus self een van hulle. Daar het ook 'n paar nuwe wyshede uitgekom so besoek gerus die bladsy en lag saam ons. Dankie aan al die maats wat die DDDD tradisie sovel pret maak. Ons geniet dit almal verskriklik baie. Die fotos vertel die res van die verhaal. 12 Mei Gisteraand het die drie aktiewe stigterslede gekuier. Volgende Donderdag vier ons die sesde bestansjaar van die DDDD tradisie en het al die stigters- en huidige lede uitgenooi om saam ons te vier by die Dros in Waterkloof. Maak ook 'n draai by ons nuwe braai resepte bladsy. Ons het al ons gunstelling naweek kamp en braai resepte op die bladsy geplaas. Probeer van die resepte en laat weet of julle dit geniet. 5 Mei Jan het gisteraand ons sy fotos gewys wat hy die naweek geneem het op die kamp. Daar is 'n paar mooi fotos wat ons binnekort op die webwerf gaan sit. Hendrik het ook 'n mooi video geneem van die Isuzu wat in dik sand vierwieldryf nadat hy vasgesit het. Jan se kommentaar wat op die video vasgele is is vrek snaaks. 28 April Aangesien gister 'n vakansie dag was, het ons gisteraand by Hendrik gaan braai. Ongelukkig was meeste mense weg vir die lang naweek, so net die drie aktiewe stigtings lede was teenwoordig. Ongelukkig het Jan eers laat opgedaag weens werks verpligtinge. In sy afwesigheid het ons vir hom 'n nuwe shooter ontwerp "Dit sal beter gaan" wat hy baie geniet en heel lekker smaak. Ons het hom bygevoeg op die shooter databasis. Ons het gisteraand ook besluit om 'n Braai Resepte bladsy op die webwerf te sit. Mail ons julle gunstelling braai resepte dan voeg ons dit by. 21 April Hendrik was hierdie week Kaap toe en het baie lekker gekuier by Doodles. Ons het hulle website bygevoeg op ons webwerwe bladsy. Baie geluk aan Venter wat Woensdag verjaar het. Dit klink asof ons 'n groot partytjie gemis het. 14 April Ongelukkig het ons gisteraand se kuier afgestel as gevolg van die paasnaweek. 10 April Die drie aktiewe stigtings lede was die naweek weg vir 'n opwarmings-bosberaad by ATKV Buffelspoort naby Rustenburg. Ongelukkig kon ons eers Saterdag middag wegkom uit die stad uit maar het die meeste gemaak van die aand met 'n lekker braai en kuier sessie. Ons het musiek geluister en shooters gedrink tot kampusbeheer ons kom stil maak het. Sondag oggend het ons die lekkerste skottel ontbyt gemaak en almal wat verby ons rondawel gestap het het kommentaar gelewer. Dankie aan Hendrik vir al die reelings. Ons het die naweek baie geniet en sien uit na die regte bosberaad later in die jaar. 6 April Victor het gisteraand vir ons 'n variasie op 'n ou shooter laat drink wat heel lekker was. Ons het 'n Briefcase gedrink wat 'n tot Jack Daniels is met 'n tot lime cordial. Die konsensus was dat hy minder byt as 'n Suitcase. Probeer gerus self en laat wat of julle daarvan hou. Hy is ook nou bygevoeg op ons shooter databasis. 30 Maart Al het sekere lede gisteraand laat opgedaag vir die vergadering, het ons baie lekker gekuier. Die meeste van die aand se gesprek het gegaan oor 4x4 en sekere lede se "sielkundige afhanklikheid" van 'n sekere maak voertuig. Vrydag oggend het twee van die lede die Super 14 wedstryd tussen die Bulle en die Blues gaan kyk by die Dros. Ongelukkig het die Bulle verloor (30-17) maar die fotos is bewys daarvan dat die manne nog steeds lekker gekuier het. 23 Maart Wayne het Woensdag 'n knie operasie gehad en Jan was in die Kaap op 'n rally. Twee van die lede het dus in 'n lee kamer in 'n lee huis 'n paar doppe gedrink en diep sake bespreek. Baie geluk aan die Toyota rally span en Jan op hulle wen (al moes die VW's bietjie uithelp). 16 Maart Baie geluk aan Hendrik wat gister sy nuwe bakkie gekry het. Hy is nou die trotse eienaar van 'n Isuzu bakkie en Jan is baie jaloers. Ons het 'n shooter op Hendrik se nuwe voertuig gedrink. Theunis het ook gisteraand weer saam ons gekuier na 'n lang afwesigheid. Dit was goed om hom weer te sien. Baie welkom aan Jacques wat gisteraand vir die eerste keer saam ons gekuier het. Ons hoop ons sien meer van jou in die toekoms. 9 Maart Lou is gisteraand weer saam ons gekuier na 'n lang afwesigheid. Ons het ook oor diep sake gepraat en Lou se wyse woorde wat almal geraak het was "Moenie toelaat dat jou verlede jou toekoms bepaal nie". 2 Maart Ongelukkig kon Jan nie die kuier maak nie. Hulle is besig om voor te berei vir die eerste rally vir die jaar. Sterkte aan die Toyota span vir die naweek se rally. Ook baie geluk aan Wayne wat sy nuwe kar gekry het. Ons hoop jy gaan nog baie kilo's ry met die kar en baie gelukkig wees met jou koop. 24 Februarie Ongelukkig is die Donderdag kuier uitgestel weens werksverpligtinge. Ons het wel deur die week e-mail gekry van mense wat net so baie hou van braai en potjiekos. Ons sal Donderdagaand 'n shooter op julle drink en dankie vir die fotos en julle mail. 17 Februarie Tot ons groot verbassing het ons gisteraand weer vir Elmar gesien. Elmar het in Londen gaan werk vir twee jaar maar het ons so veel gemis dat hy nou terug is by die Dros. Dis goed gewees om hom weer te sien. Baie geluk aan Wayne wat 'n aanbod gekry het vir 'n nuwe werk. Ons glo hy gaan gelukkig wees by die nuwe maatskappy. 10 Februarie 'n Baie groot dankie aan Freddy en Quintin (Dros eienaars) wat gisteraand ons rekening betaal het. Ons het verskriklik lekker gekuier. Jan het ons almal vermaak met sy wyshede terwyl hy oorgeloop het van liefde. Venter (Dros Bestuurder) het die aand amper meer geniet as ons met al die snaakse shooters wat hy vir ons gegooi het. Weereens baie dankie aan Dros Waterkloof. Ons het nog nooit so lekker gekuier by 'n restaurant nie. Ons het 'n nuwe bladsy gemaak vir die webwerf met Dros Waterkloof se inligting op. Gaan kuier een aand by hulle, jy sal nie spyt wees nie. 3 Februarie Ons het gisteraand weer groot gekuier. Jan het besluit om die beste van ‘n slegte situasie te maak en ons het dus baie gehad om te vier. Die nuut gevonde vryheid gaan ons nog baie geniet. Ons het besluit om nie die foto’s van gisteraand op te laai nie sodat ons die identiteite van die dames kan beskerm. 27 Januarie Gisteraand het ons weer gekuier soos in die ou dae. Ons het baie nonsens gepraat en lekker gelag. Jan het ons sy fotos van Botswana gewys wat baie mooi uitgekom het. Ons was bietjie teleurgesteld met die inhoud van sekere fotos en probeer Jan nog oortuig om hulle te brand. Hendrik het ons 2006 DDDD hoede uitgedeel en twee vir die Dros eienaars ook gegee. Kyk bietjie uit vir die hoede as jy weer by die Dros kuier. 20 Januarie Gisteraand se kuier is uitgestel weens werksdruk. 13 Januarie Baie dankie aan die Dros vir die shooters op die huis gisteraand. Ons het twee onbekende shooters geniet gisteraand wat baie lekker was. Die 2006 almanak is ook nou opdateer met Jan se motorsport datums en so paar ander belangrike datums. Laat weet as daar datums is wat nog moet bykom. 6 Januarie Voorspoed vir die nuwe jaar aan al die lede, families en vriende van die DDDD. Ons glo dit sal 'n mooi jaar wees. Dankie aan Theunis en Ingrid vir die gebruik van hulle huis en al hulle moeite vir die nuwejaars partytjie. Ons het dit almal baie geniet. 23 Desember Ons het gisteraand by Jan gebraai en die laaste van die shooters op ons lys gedrink. Al die shooters op ons lys is nou gedrink en 'n smaakindeks geallokeer. 16 Desember Aangesien 16 Desember 'n vakansie dag is het ons gisteraand 'n oop aand gehad. Ongelukkig is dit net Riana en Wurm wat bygewoon het. Wayne en Jan was heel opgewek want hulle is al met verlof. Ons het verder gevorder met ons shooter lys en het net drie shooters oor om te proe. 11 Desember Ons het baie lekker gekuier onder die bome terwyl ons ontbyt gemaak het en 'n shooter of twee gedrink het. Ongelukkig het dit later begin reen, maar die party het aangegaan by Hendrik se huis. Die foto's vertel die storie verder. 9 Desember Ons het gisteraand 'n dop gedrink op Wayne wat bevordering gekry het - baie geluk. Ons het gisteraand 'n nuwe shooter gedrink. Quinton (Dros eienaar) het vir ons 'n Bronic gekoop. Jy gooi eers 'n sakkie bruin suiker in jou mond en wag tot dit smelt, dan gooi jy 'n tot Jack Daniels saam in jou mond, meng dit en sluk. Daarna eet jy 'n stukkie suurlemoen. Dis 'n baie unieke smaak en heel lekker (ons het hom 'n 4 gegee op die smaak indeks). Baie dankie aan Quinton vir die dop. Ons vorder goed op die shooter lys. Ons het al die shooters op die Dros se shooter lys gedrink en 'n smaak indeks punt toegeken. Daar is ook fotos van al die Dros shooters beskikbaar. Projek SSI (Shooter Smaak Indekseering projek) vorder soos beplan en teen einde Desember behoort elke shooter op die lys 'n smaak indeks te he. Jan het ook 'n interresante verduidelikking gehad vir een van die bespreekings punte. 2 Desember Die drie aktiewe stigtings lede het gisteraand gekuier. Ons het vir die eerste keer in jare weer snailboats gedrink maar die ouderdom het veroorsaak dat die baie stadiger was as die vorige rekord. 25 November Die drie aktiewe stigtingslede het gisteraand bymekaar gekom by die Dros om die week se sorge te bespreek. Meeste van die manne het maar 'n moeilikke week gehad. Gelukkig het ons beter gevoel toe ons huistoe gaan. Venter het ons laat weet dat daar in die Beeld van 24 November 'n artikel was oor die Dros Waterkloof wat as die familie restaurant van die jaar aangewys is. Weereens baie geluk aan almal betrokke by die Dros. Ons het gisteraand drie nuwe shooters probeer en opdateer op die shooters bladsy. Kyk gerus na die B52 - The Dangerous Way, Bastille Bomb en Undertaker. Ons het die meeste van die B52 gehou. Daar is ook 'n foto bygevoeg vir 'n Suitcase. 18 November Welkom aan Charl wat al 'n Dros ontbyt saam ons geniet het, maar gisteraand vir die eerste keer 'n Donderdagaand kuier bygewoon het. Ons het gisteraand nog twee shooter foto's geneem van 'n Slippery Nipple en 'n Bob Marley. 12 November Ons jaareindfunksie was groot pret gewees. Ons het almal lekker geeet, gelag en gesels. Die fotos vertel die verhaal. Ons het ook 'n nuwe shooter ontdek by Pachas - Moanne. 11 November Die Dros Waterkloof is aangewys as die beste familie restaurant in Suid Afrika. Baie geluk aan Quinton en Freddy. Nou weet julle hoekom ons so lekker daar kuier elke Donderdag. Die diens is goed, die kos is lekker en die personeel is vriendelik en behulpsaam. Hou so aan. Ons sien uit na ons jaareindfunksie more aand. Die vier aktiewe stigtingslede gaan almal daar wees so ons gaan weer lag oor al die pret wat ons gehad het so oor die jare. Dankie aan die Dros se barman wat gisteraand nog twee shooters bygevoeg het op ons shooter lys. Die twee nuwes is 'n Milk Shake en Silk Panties. 7 November Ons het Saterdagaand lekker gebraai by Hendrik, goeie reen gehad en die Bokke het gewen. 4 November Die drie aktiewe stigtingslede het gisteraand so paar van die nuwe shooters op ons nuwe shooters bladsy probeer. Ons wil ook dankie se aan Venter (Dros manager) wat vir ons 'n Pink Flamingo laat skink het - dit was baie lekker en ook nou bygevoeg op ons shooter lys. Ons het ook die shooter lys opdateer met die shooters op die Dros se lys. Ons het gisteraand ook besluit om elke shooter 'n punt toe te ken gebaseer op hoe lekker hy vir ons is. Die skaal sal van een tot vyf wees. Probeer gerus van die shooters en laat weet as daar van jou gunstelling shooters nie op ons lys is nie. 31 Oktober Aangesien die DDDD lede so baie van shooters hou, is daar besluit om ons shooters bladsy bietjie uit te brei. Nuwe funksionalitiet is bygevoeg wat jou sal toelaat om die inhoud van verskeie shooters op te soek en ook 'n lys te kry van al die shooters wat 'n spesifieke liqueur bevat. Op die stadium bestaan die databasis slegs uit ons gunstelling shooters maar ons gaan dit binnekort verder uitbrei. As jou gunstelling shooter nie op ons databasis is, kan jy ons gerus 'n e-mail stuur en ons sal dit byvoeg. Hoop julle geniet die nuwe funksionaliteit. 28 Oktober Die aktiewe stigtingslede het gisteraand weer saamgekuier na 'n paar weke waar ons mekaar maar min gesien het. Dankie aan Venter (Dros Manager) vir die shooter op die huis. Dis tyd om die DDDD jaareindete te reel by Pachas. Die Bokke se oorseese toer begin volgende naweek so die enigste Saterdag wat beskikbaar is is 12 November. Bevestig asseblief julle teenwoordigheid sodat ons plek kan bespreek. 24 Oktober Innige meegevoel aan al die DDDD lede wat die blou bulle ondersteun. Teveel selfvertroue het hulle die game gekos teen die ORANJE VRYSTAAT CHEETAHS wat die CURRIE BEKER gewen het. Baie dankie aan Ingrid en Theunis vir Saterdag se braai. Ons het die shooters en cocktails baie geniet. Ons het ook nuwe vriende ontmoet by die braai en baie gelag en lekker gekuier. Dit was ook 'n slegte naweek vir Jan en die Toyota rally span. Serge kon net 'n tweede plek behaal wat 'n klas wen vir hom betekn, maar Habig wen die kampioenskap hierdie jaar. 21 Oktober Hendrik is uiteindelik terug van sy oorseese vakansie. Vanaand se bywoning was maar swak gewees, maar dit het ons ten minste kans gegee om al Hendrik se vakansie stories te hoor. Hopelik is ons volgende week voltallig. 14 Oktober Gisteraand se kuier is uitgestel weens tekort aan lede wat kon kuier. Hendrik is volgende week terug van sy vakansie af so ons sien julle almal volgende Donderdag. 7 Oktober Twee van die gereelde lede was die week uitstedig. Jan het vir Martin saam genooi na die Dros toe. Hopelik sien ons meer van Martin in die toekoms. 30 September Eish maar ons het lekker gekuier. Die Dros het 'n nuwe shooter menu beskikbaar met 'n paar nuwe's wat ons nie ken nie. Ons het 'n paar van die nuwes toetsbestuur en was heel verras. Ek kan nie die name of die inhoud onthou nie, maar hulle was baie lekker. Sondag hou die DDDD lede en vriende ontbyt by die Dros want ons kan. Soos gewoonlik gaan daar groot gekuier word met baie lag en gesels. Ek sien baie uit daarna. 27 September Die almanak is herontwerp na baie klagtes dat hy nie so lekker werk nie. Die almanak vir 2006 is ook beskikbaar gemaak sodat almal kan begin beplan aan volgende jaar. Ek hoop die nuwe almanak werk nou beter. Stuur asb mail met julle komentaar. 23 September Ai maar ons het gisteraand lekker gekuier. Na die laaste twee weke se swak bywoning was dit 'n lekker verrassing toe Theunis ook saam gekuier het. Dit was goed om weer vier stigtingslede bymekaar te he. Ons het dit baie geniet om weer saam Theunis te kuier en lag. Hopelik gaan ons hom van nou af bietjie meer sien. Een van die stigtingslede wat belet is om kontak met ons te he het gister verjaar. Baie geluk ou Chom. 16 September Nog ‘n terleurstellende aand vir die DDDD lede. Werksverpligtinge begin om in te meng met ons kuier tyd. Gelukkig het ons laas Vrydagaand opgemaak en heerlik gekuier by die Casper vertoning. Ons het in tipiese Donderdagaand styl gekuier. Begin met ‘n J&B en water en daarna baie gelag vir die grappe en skertse. Ons kon duidelik in die skare sien watse tipe vrouens hulle mans van die DDDD brigade weerhou. Jan is weer in die Kaap. Dit is die Subara Rally die neweek (Sien gerus die kalender) en ons wil graag vir hom en sy span baie sterkte toewens. 9 September Weens persoonlike verpligtinge was daar net twee lede teenwoordig by gisteraand se kuier. Vanaand gaan ons Casper de Vries se nuwe show kyk by die Staatsteater (dankie aan Hendrik wat vir ons kaartjies gereel het). Ek glo ons gaan die baie geniet en heelwat lag. Gaan kyk 'n bietjie na Casper se website. Dis vrek snaaks http://www.casperdevries.com Baie geluk aan Lou wat gister verjaar het. Ons hoop jy het lekker verjaar. 2 September Dis heerlike lente, die winter is verby en die braai seisoen is weer in volle vaart. Gisteraand het ons 'n kuier gas gehad. Viv (Jan se werkskollega) het saam ons 'n bier gedrink en Wayne het sy nuwe iPod gedemonstreer. Ons braai Saterdagaand om die lente in te wei. 26 Augustus Ons is terug in ons ou ritme in. Die oorblywende stigtings lede het gisteraand groot gekuier. Ons het klomp nonsens gepraat en lekker gelag. Sterkte aan die Bokke vir die naweek se Trinations toets teen die All Blacks. As hulle wen is ons weer die Trinations kampioene. 19 Augustus Weens werkverpligtinge was die beskikbare DDDD lede was maar yl gesaai vir Donderdag se kuier. Slegs twee van die lede het gekuier. Ons sien uit na volgende week se kuier wanneer ons hopenlik weer voltallig sal wees. 11 Augustus Ons het lekker gekuier by die Dros. Jan het vir ons sy foto's van die naweek gewys en ons het die Dros bekend gestel aan die Tornado shooter wat die naweek ontdek is. 10 Augustus Baie geluk aan die Bokke wat gewen het. Dit het ons kamp naweek sommer baie lekkerder gemaak. Ons het die lang naweek gaan kamp op die plaas. Hel maar dit was lekker gewees. Ons het Saterdag daar aangekom en eers Dinsdag middag gery. Glo dit of nie, van ons was elke oggend voor 05h45 uit om fotos te neem en die natuur te waardeer. Ons het heelwat wild gesien en lekker om die kamp vuur gekuier in die aande. Die fotos vertel die res van die storie. Daar is ook 'n nuwe shooter ontdek die naweek en Tornado gedoop. Sien die shooter bladsy vir die resep. Dankie aan almal wat die naweek so lekker gemaak het. Ons kan nie wag vir die volgende kamp nie. 5 Augustus Weens werk en personnlike verplitgtings het die DDDD lede gisteraand nie gekuier nie. Gelukkig gaan ons die langnaweek opmaak daarvoor. 29 Julie Die DDDD lede het gisteraand lekker gelag en weer na die foto’s gekyk van die bachelors naweek. Daar is dan ook besluit om nou jaarliks ‘n bosberaad te hou. Jan het onderneem om volgende jaar se beraad te reel. Dit sal in Julie wees. Die volgende groot uitstappie vir die stigterledes is die lang naweek in Augustus. Ons gaan weer plaas toe!! Ons was vroer die jaar daar gewees. (Hier is die fotos) Ons kan nie wag nie. Dankie aan almal wat die naweek so veel pret gemaak het. Ons het dit almal baie geniet. 25 Julie Wat 'n naweek... Die Bokke het gewen en ons het lekker gekuier by Omaramba. Ons het Vrydagaand omtrent 21h00 by Omaramba aangekom, 'n vuurtjie aangesteek en ons naweek het begin. Ons het gebraai, gekuier en ontspan. Saterdag het ons bietjie ingele en eers so 08h00 opgestaan. Ons het in die bungalow gekuier en so 11h00 brunch gemaak. Die brunch was skaars klaar toe ons af is na die kroeg area waar hulle 'n groot screen opgesit het vir die rugby. Daar was groot gees. Die Bokke het die naweek nog lekkerder gemaak toe hulle die Aussies les laat opse het. Groete aan die tolhek manne in die kroeg. Almal moes litchi mampoer drink op pad uit na die badkamers en toe weer op pad in. Dit was lekker.... Weens werkverpligtinge het Lou eers Saterdag aand by ons aangesluit. Ons het die dikste T-been steaks wat ek in 'n lang tyd gesien het op die kole gegooi. Hel maar dit was lekker. Ons het die Bokke se oorwinning gevier en diep dinge bespreek. Man dis lekker om in Afrika te bly. Sondag oggend het bestaan uit opstaan, weer braai (want ons kan), oppak en huistoe ry. Ongelukkig het Genis ons tot nou toe nog nooit teruggebel of kontak gemaak nie. Ons het wel verneem dat hy Saterdag middag 'n bachelors gehad het wat 15h00 begin het. Die manne het seker vergeet die Bokke speel. Hoop Genis het daai bachelors so baie geniet soos wat ons die naweek geniet het. Die fotos vertel die res van die storie. 22 Julie Die verblyf is gereel, die kos is gekoop en die ry reelings is afgehandel - ons gaan bachelors naweek hou..... Die DDDD stigterslede het gisteraand ‘n baie vinnige kuier gehad. Ons moes die byeenkoms vroeg verdaag aangesien daar nog reelings was wat gedoen moes word voor die naweek begin. Dit het ons egter nie gestop nie en die manne het baie lekker gekuier. Die bachelors naweek is uiteindelik hier en ons kan nie wag vir die wegbreek van die rat race nie. Weereens dankie aan Terrence vir al die reelings. Aangesien die bachelor te bang is om die naweek met ons te deel, sal ons maar opmaak vir sy afwesigheid. Die voorneme is hierdie keer om alle selfone in die kar te los. Dit sal hopenlik verleenthede spaar na die naweek. 'n Bietjie agtergrond oor 'n bachelors naweek sonder die bachelor: ons het 'n voeltjie hoor fluit dat ons ou maat Genis vroeg in Augustus trou. Vandat hy verloof geraak het in Januarie het ons geen kontak met hom nie. Ons het hom al verskeie keer probeer SMS, e-mail, bel en boodskappe gelos, maar duidelik is ons nie die tipe mense met wie sy verloofde wil meng nie. Die naweek sou natuurlik baie lekkerder gewees het as die bachelor saam gegaan het vir die naweek, maar ons gaan nog steeds lekker kuier al word hy nie toegelaat om saam te gaan nie. Alles van die beste vir Genis en regina. Hoop julle geniet julle troudag en sterkte vir die toekoms. Hou die website dop vir nuus en fotos van die naweek. 15 Julie Die reelings vir volgende naweek se bachelors is basies gisteraand gefinaliseer. Dit gaan 'n groot kuier wees. Daar is ook besluit om 'n verdere drie hoede te laat maak met "Stigtings Lid" onder die DDDD in plaas van die jaar getal vir die drie aktiewe stigtings lede. Dankie aan Hendrik vir al die reelings ivm die hoede. Verder het ons lekker gekuier, baie gelag en hope nonsens gepraat. 8 Julie Gisteraand se kuier was rustig gewees met een van die aktiewe lede uitstedig en 'n ander in opleiding. Dankie aan die Dros vir die rondte op die huis. 1 Julie Die aktiewe stigtingslede het gisteraand weer lekker gekuier. Ons het begin om die bachelors van ‘n vorige lid te beplan. Ons het ook die bachelor by die tafel langs ons aan ons nuwe shooter, Tennessee Sunset, bekend gestel. Die shooter is ontdek by ons laaste braai nadat die Hane pakslae gekry het by die Bokke. Ek moet se dit is die tipe shooter waarvoor daar eers opwarmings oefening gedoen moet word voordat dit gedrink word. Probeer dit gerus self. Ons wil vir Riana geluk wens met haar verjaarsdag Woensdag die 29 de. 24 Junie Ons het gisteraand a groot kuier gehad om ons nuwe DDDD hoede te vier. Dankie aan Hendrik wat die projek vir ons behartig het. Nou sal jy 'n DDDD lid kan herken as jy Donderdae aande by die Dros kuier. Dankie aan almal teenwoordig vir 'n baie lekker kuier. Ons het afgesluit met 'n African Sunrise en Bruin Bere. Daar is ook besluit om sekere dele van www.dddd.co.za in Engels beskikbaar te maak vir die internasionale mense wat ons besoek deur Google. 17 Junie Gisteraand was 'n rustige kuier met net twee van die lede teenwoordig. 10 Junie Ons DDDD hoede is uiteindelik gister bestel (dankie Hendrik - as ons vir Sirloin moes wag.......). Hendrik het ook terugvoer gegee oor die DDDD webwerf - ons is uiteindelik raakgesein deur Google. Google "doppers" beperk to .co.za webwerwe en ons is tweede op die lys :o) Ek kan dink aan 'n paar kerk mense wat heelwat ongelukkig gaan wees.... Verder was die kuier baie lekker gewees. 3 Junie Gisteraand was 'n aand van ontdekking vir die drie lede wat teenwoordig was. Iemand het Old Brown Sherry (OBS) genoem en die kreatiewe denke het gevloei. Ons het 'n nuwe shooter uitgedink en hom Brown Bear gedoop (OBS en Stroh). Dis glad nie sleg nie. Toe probeer ons 'n Hiberneerende Brown Bear (OBS, Amarula en Stroh) wat glad nie lekker is nie. Derhalwe het die DDDD vandag 'n verdere bydrae gelewer tot die samelewing deur die ondekking van 'n nuwe shooter. Probeer dit gerus of een van ons ander gunstelling shooters. 27 Mei Die ouderdom van die DDDD lede begin wys en sekere van die lede kon gisteraand nie maak nie as gevolg van siekte (die brille en pille stadium is hier). Daar was dus nie gekuier nie. By laasweek se kuier het Jan die wens uitgepreek dat die DDDD sal voortbestaan tot ons agter klein kinders kan oorvat. Ons wil dus vir Jan en Clare, wat die naweek weggaan, sê ons hoop is op julle. Geniet dit en dan kuier ons weer volgende Donderdag. 20 Mei 18 Mei 2000 was die heel eerste Donderdagaand kuier. Die DDDD tradisie was Woensdag 5 jaar oud en ons het dit gisteraand gevier. Ons het al die stigtings en huidige lede genooi om saam ons te kom kuier en ons het lekker nonsens gepraat en gelag. Jan het so paar woorde gese en Casper het ons vermaak met 'n grap of twee en so paar 'magic' toertjies. Almal het vrek lekker gekuier - die fotos vertel die storie verder. 13 Mei Gisteraand se kuier was op die laaste nippertjie uitgestel weens persoonlike en werks verpligtinge. Almal het dus 'n streep gekry. SWAK................. 6 Mei Ons het weereens lekker gekuier gisteraand. Wayne het gisterand saam gekuier so welkom aan hom en dankie vir die kuier. 18 Mei 2000 is die bestaans aand van die DDDD tradisie so ons vier hierdie jaar die 5de bestaans jaar. Ons nooi al die stigtings en huidige lede uit om 19 Mei saam ons te kuier by die Dros om te vier. Laat weet asb of ons julle gaan sien sodat ons 'n tafel bespreking kan maak. 29 April Baie geluk aan Jan wat vandag verjaar. Jan en Clare is op die oomblik in Londen so ons hoop hy geniet sy verjaardag met 'n paar warm biere in die hand. Lekker verjaar Jan. 22 April Ons het gisteraand 'n verjaardag gevier en was dus nie Dros toe nie. Ons het begin met koek en tee en geeindig met African Sunsets en Edu's. Dankie aan Krappie vir die lekker eetgoed en aan almal wat daar was vir die lekker kuier. Die foto's vertel 'n verhaal. 18 April Dankie aan almal vir die moeite wat hulle gedoen het vir Saterdag aand se Disney Fancy Dress Skaap Braai. Almal het fantasties gelyk. Asterix en Oblix, Tom en Jerry, Woody (van Toy Story), Pocahontas en Kie, Mufasa and Tiger, 101 Dalmations, Fairy Godmother en Alladin. was almal daar. Die foto's bladsy vertel 'n storie op sy eie. Ons het lekker gesing, gelag, geskree en nonsens gepraat. Dankie aan almal vir 'n lekker party. 15 April Ongelukkig was dit nie 'n normale kuier nie. Een van die lede het ons erg teleurgestel gisteraand - hy was op 'n blind date - en dit op 'n Donderdagaand. SWAK. Ten minste het hy moeite gedoen om na die date 'n draai te gooi en 'n vinnige dop te drink. Jy beter sorg dat jy van die begin af vir die girls verduidelik dat Donderdae aande uit is. Ons sien baie uit na more se skaapbraai en Disney fancy dress. Hou dit website dop vir foto's. 8 April Jan is in die Kaap en Lou het ander verpligtinge gehad gisteraand so dit was weer 'n rustige kuier. Hopelik keer alles terug na normaal toe volgende week. 1 April Ongelukkig kon Jan nie gisteraand se kuier maak nie weens werk verpligtinge en Lou en Daleen het ander planne gehad. Die kuier was rustig gewees met die min bywoning. 25 Maart Gisteraand was 'n oop aand by die Dros en al die huidige lede en metgeselle was daar. Leigh Ann, 'n vriendin van Daleen was ook teenwoordig. Soos gewoonlik, was daar baie gelag en gekuier. Ons moet ook vir Casper (Dros bestuurder) dankie se vir die weeklikse grap. Jan het ook nog 'n wysheid bygedra. Ons het gepraat van 'n nuwe shooter wat ons 'asteroid' wil noem. Ons vra toe vir Jan wat 'n asteroid is. Jan antwoord "Dit is dieselfde as smarties maar net balle". Wurm kon nie al die nonsens wat ons gepraat het verdra nie, toe gaan slaap sy. Dankie aan al die dames wat gisteraand teenwoordig was. Ons het julle geselskap waardeer. 22 Maart Van die lede het die lang naweek gaan kamp. Ons het baie lekker gekuier, hard gelag, klomp fotos geneem en soos konings geeet. Ons het elke aand 'n vleisie op die kole gegooi en lekker brood gebak of braai broodjies gemaak. Vir 'n buitestander het dit dalk eerder soos 'n fotografiese kompetisie gelyk met almal wat raad uitdeel oor die perfekte foto. Dankie aan almal vir die lekker naweek, die fotos is bewys van al die pret. 18 Maart Gisteraand was 'n oop aand gewees en Claire en Daleen het saam gekuier. Ons moet vir Venter (Dros Manager) dankie se vir sy hulp met die barman gisteraand. Die mannetjie wou nie vir ons 'n Jack Hammer gooi nie, want hy is nie op die Dros shooter lys nie - Venter het hom reggehelp. 13 Maart Hendrik, Jan en Claire het ontbyt geniet by die Dros en lekker gekuier. Kyk hoe breed glimlag almal.... 11 Maart Gerhard het gister verjaar, so ons hoop hy het die dag geniet, lekker gekuier gisteraand en dat daar nog baie meer gaan wees vir hom. Ons hou Sondag oggend weer 'n ontbyt by die Dros, want ons kan. Hendrik het ook 'n goeie artikel raak gelees oor die verandering van Pretoria se naam. Lees gerus http://www.praag.co.za/satire8.htm 3 Maart Drie van die huidige lede was hierdie week uitstedig. Hendrik het toe by die Dros gaan eet met 'n werks kollega. Ons is trots op jou toewyding. Hopelik keer alles weer terug na normaal toe volgende week. 25 Februarie Sekere lede is ten volle herstel as huidige lede. Ander is verder gestrike, gegrys en selfs van die lys af. Ons het Saterdagaand lekker gebraai by Hendrik se huis, want ons KAN. Wonder bo wonder, het een van die mindere gesiene stigters lede ook opgedaag, en toe reen dit. Ons het lekker whiskey gedrink - Dimple en Johnnie Walker Black label. Fotos is bewys van die lekker kuier. Saterdag begin die Super 12 rugby wat gaan sorg vir lekker opwinding en baie braais. Vra maar by die volgende braai wie gaan wen. Ons soek nog mail van ander groepe wat ook lekker kuier. Stuur mail aan manne@dddd.co.za met jou mail adres en dan reel ons 'n moerse byeenkoms in die lente. 18 Februarie Ongelukkig moes ons die vergadering uitstel tot 25 Februarie weens werk en persoonlike verpligtinge. Al die lede het 'n strike by gekry. 10 Februarie Die kuier was baie lekker gewees. Ons het die laaste twee huidige lede se fotos geneem en hulle is bygevoeg op die lede bladsy. Sarel het vir ons 'n shooter gebring wat die barman uitgedink het wat nie lekker was nie (cape velvet, jack daniels en stroh). Jan het toe besluit om die shooter vlermuis nageboorte te noem. Ons het toe ook 'n french kiss gedrink op die Toyota motorsport span (oor dit rooi en wit is). Jan se sms om te laat weet hy gaan die kuier bywoon is great: "Ek sal daar wees met n vurige gees, met n dors waarmee ek kan mors, met n opgeruimde hart wat jul kan tart en n drinkarm so ywerig, wie's dan huiwerig?" 3 Februarie Afgesien van die slegte bywoning het ons lekker gekuier. Sarel het ons voorgestel aan 'n nuwe shooter wat BAIE lekker is. Ons het kennis gemaak met 'n Jackhammer (resep op die Shooters bladsy). Hendrik het ook van 'n nuwe beweging gehoor wat bekend staan as die SSSSSS, die "Surviving Sisterhood of the Strong, Sexy and Satisfied Singles". Daar is ook besluit om pette te laat maak vir die lede en metgeselle. Die pet sal swart wees met die letters DDDD 2005 in geel op die voorkant en www.dddd.co.za agterop. Jan gaan verdere ondersoek instel. 27 Januarie 2005 Ons het nie so baie van die oorspronklike almanak gehou nie so die datum-links het nou blokkies geword wat beter lyk. Jan se rally datums is nou ook op die site aangebring. Hendrik het gehoor van die "VFV" bende. Staan blykbaar vir "Voel F-All Vereniging". Ons speel nog met die idee om 'n bladsy op die webwerf te sit met kontak details vir soortgelyke vereeningings, maar weet nog nie van genoeg van hulle nie. Stuur vir ons 'n e-pos as jy van nog weet. Ons het GROOT gegaan op die DDDD vergadering vanaand. Klomp gelag en baie nonsens gepraat (al die foto's is beskikbaar op Foto's bladsy). 23 Januarie 2005 Ons het besluit om ontbyt te geniet by die Dros, want ons kan. Ons het so paar shooters gedrink terwyl Wurm ons vermaak het (al die foto's is beskikbaar op Foto's bladsy). 10 Januarie 2005 Die webwerf www.dddd.co.za maak 'n verskyning op die internet. Ek kan amper nie glo ons het die besluit deurgevoer nie. Gewoonlik vrek ons beste idees. 7 Januarie 2005 Baie geluk aan Gerhard en Regina met hulle verlowing. Hoop nie dis die einde van nog 'n DDDD lid nie :o) 31 Desember 2004 Braai by Jannie se huis om die nuwe jaar in te sien. Theunis en Ingrid is ook daar, het hulle baie lank laas gesien. Jannie en Claire kuier mekaar raak en die idee vir www.dddd.co.za is gebore. |