|
Last updated: 28/09/2007 |
|
So waar het alles begin? 'n Paar goeie vriende het by 'n braai of ander geleentheid besluit dat hulle besig was om by mekaar verby te lewe. Die hoof oorsaak daarvan was dat almal ander verpligtinge het oor 'n naweek en die weeklikse braai's het begin minder en minder word. In die wysheid van die stigtings lede is daar toe besluit om een aand 'n week op sy te sit vir die manne om te kuier. Die dag sal vas wees. Elke week die selfde tyd en dieselfde plek. Almal kan die aand bywoon en hulle dagboeke dienooreenkomstig aanpas. Daar is toe besluit op 'n Donderdagaand oordat dit naby aan die naweek is vir die aande wat hand uitruk. Die eerste DDDD aand is 18 Mei 2000 gehou. Aanvanklik het ons by 'n paar plekke gekuier, en naderhand vasgehak by die Dros in Monument Park waar ons elke Donderdag aand kuier. Een of ander tyd in 2004 het iemand die wonderlike idee gehad van "Donderdag Dros Dapper Doppers" en dehalwe DDDD. |